Omikron ontkoppel gevalle en sterftes

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is ‘n ontkoppeling tussen Covid-gevalle en Covid-sterftes in die geval van die Omikron-variant. Die organisasie sê gevalle is uiters hoog in talle dele van die wêreld maar die sterftes is baie laer as wat tydens Delta aangeteken is. Dit kan moontlik baie goeie nuus wees maar, nog navorsing is nodig. Omikron is deur Suid-Afrikaanse medici in November geïdentifiseer en het baie vinnig versprei.