Omikron is nou reeds in 60 lande

Covid-19 se Omikron-variant is nou reeds in sowat 60 lande wêreldwyd geïdentifiseer – tien van hulle in Afrika. Die Wêreld-Gesondheidsorganisasie sê gevalle op die vasteland het verlede week met ‘n onrusbarende 93-persent toegeneem. Richard Mihigo van die WHO in Afrika het die versekering gegee dat data toon dat die variant minder ernstige gevalle van die virus mag veroorsaak. Volgens EWN het Mihigo gesê die persentasie hospitaal-opnames in Suid-Afrika, verbind met die Omikron-variant, is ook aansienlik minder as in die geval van vorige variante.