Omikron: Imperial College navorsing skakel waarskuwingsligte aan

Navorsers by Imperial College in Londen het bevind dat daar geen bewyse is dat ‘n Omikron-infeksie ligter is as Delta nie. Hulle het ook bevind dat die kanse van ‘n Omikron-infeksie vyf keer hoër is as met Delta. Maar, die navorsing is nog nie wetenskaplik geëvalueer nie en die navorsers erken dat data in verband met Omikron-gevalle nie voldoende is nie. Die bevindings is teenstrydig met navorsing vanuit Suid-Afrika wat toon dat Omikron ‘n ligter infeksie veroorsaak en dat daar minder hospitaliserings is. Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister Joe Phaahla het ook bygevoeg dat inentings, natuurlike immuniteit en kontak met die virus ook kan bydra tot ‘n ligter Covid-infeksie. Maar, Imperial sê dat beskerming na ‘n vorige infeksie so laag as 19 persent kan wees en dat beide die AstraZeneca- en Pfizer-entstowwe nie doeltreffend beskerm na twee weke na of die tweede dosis, of die versterkdosis, nie. Die navorsing moet nog hersien word en die data geverifieer word.