Omgewingsministerie sê daar was in 2018 konsultasie oor nuwe groot karnivoor-regulasies

Die Namibiese omgewingsministerie het gereageer op N/a’an ku sê wat hulle wil hoërhof toe sleep oor die nuwe regulasies rakende die aanhouding van groot karnivore. N/a’an ku sê voer aan dat daar geen konsultasie vooraf met rolspelers was nie. Die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sê die bewerings is onwaar en dat daar wel deeglike konsultasie oor die nuwe regulasies in 2018 met rolspelers was. Die ministerie sê die nuwe regulasies se doelwit is juis om vrylopende groot karnivore te bewaar en die welsyn van dié diere in aanhouding te verbeter.