Omgewingsministerie mag nie nou Rest se diere konfiskeer

Die N/a’an ku sê-stigting was suksesvol om te keer dat die Namibiese omgewingsministerie skaars en bedreigde voëls van die Rare and Endangered Species Trust, of te wel Rest, verwyder. Rest ontbind al sy bedrywighede in Namibië en het die voëls aan N/a’an ku sê geskenk, maar die ministerie wou die voëls konfiskeer. Marlice van Vuuren van N/a’an ku het ‘n skedule voorgestel vir saakbestuur. Regter George Coleman het beslis dat die diere nie deur die ministerie verwyder mag word voor 13 Oktober tot wanneer die saak uitgestel is nie. Van Vuuren sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy het nog goeie nuus oor die aasvoël-kuiken.