Omgewingsbeampte beveel glo dat luiperd met nekband van kant gemaak word

Die mede-stigter van N/a’an kusê dr. Rudie van Vuuren sê die omgewingsministerie se nuwe regulasies oor die aanhouding van groot karnivore, is belaglik en nie tot voordeel van bewaring nie. N/a’an kusê het ‘n aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien vir ‘n hersiening van die regulasies. Van Vuuren het vandag verskeie gevallestudies bespreek van ‘n beampte van die omgewingsministerie wat glo beveel het dat luiperds, selfs een met ‘n nekband, wat in vanghokke gevang is en vrygelaat kon word, van kant gemaak moet word. Van Vuuren verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die nuwe regulasies op lang termyn nadelig sal wees.