Omgewings impakstudie en ander relevante inligting oor Kavango olie eksplorasie-projek nou vir openbare insae en reaksie beskikbaar

Die Namibiese Ministerie van die Omgewing het bekendgemaak dat die omgewings impakstudie en ander relevante inligting vir die seismiese ondersoek met die olie eksplorasie-projek in die Kavango-bekken, Kavango-Wes en oostelike streke in die noorde van die land, aan die Ministerie van Myne en Energie en ander betrokkendes vir insae en reaksie oorhandig is. Die inligting is beskikbaar vir openbare kommentaar en belanghebbendes word versoek om hulle reaksie voor 23 April via die volgende e-pos addres aan die ministerie te stuur…..info.pro@met.gov.na. ReconAfrica doen tans boorwerk en dit lok reeds groot reaksie uit. Terwyl daar sommige sektore is wat meen werksgeleenthede en ontwikkeling is baie belangrik, is daar kommer oor die bewaring van die kritiese waterbron, wat ook die internasionaal-bekende Okavango Delta voed, sowel as verskeie beskermde spesies.