Ombudsman gee sy mening oor gesinsverband

Die meeste Namibiërs is terug by die werk, ander sukkel weer om werk te kry, en kinders is terug by die skool. Sommige kinders het nie plek vir skool gekry nie en wag geduldig. Verslae het gemeld dat vir ‘n land om te funksioneer, dit ‘n gesins-eenheid nodig het wat ook funksioneer, synde dat die gesin toegang het tot skool, behuising, kos en werk. In hierdie geval wonder mens eintlik of Namibië wel in ‘n funksionerende land is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, advokaat Basilius Dyakugha, gepraat oor hoe ‘n funksionerende gesins-eenheid die lewensomstandighede van ‘n kind wat skool toe gaan in hierdie ekonomie en omgewing sal beïnvloed.