Ombud sê dorpsrade moet meer let op menseregte

Die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, sê dorpsrade, veral Katima Mulilo, moet meer sensitief vir menseregte en die lewens van inwoners wees. Sy reaksie van skok en afkeuring volg op die aftakeling van huise by die Lwanyanda informele nedersetting op Katima Mulilo. Verskeie huise is verlede week in die nedersetting afgebreek en talle mense dakloos gelaat. Die grond is in 2019 verkoop vir ‘n ontwikkeling en die gemeenskap is verskuif maar, sommige inwoners het nie getrek nie. Dyakugha sê plaaslike owerhede moet meer doen.