Ombud se aanmerkings stel teleur – omgewingsministerie

Die Namibiese omgewingsministerie, het gereageer op die ombudsman Basilius Dyakugha se verklaring oor mens-dier-konflik in veral die noordooste van Namibië. Hy het gesê die omgewingsministerie is nie genoeg in gesprek met die gemeenskappe wat al vir eeue saam met wilde diere lewe nie. Die ombudsman is van mening dat alles op die planeet deur mense bestuur moet word, want mense oorleef van natuurlike hulpbronne. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ministerie is teleurgesteld in die ombudsman se verklaring.