Omaruru-inwoners ruk op teen dorpsraad

Inwoners van Omaruru het op die kantore van die dorpsraad toegesak. Die inwoners se vereniging het vanoggend ‘n petisie ingedien. Hulle sê hulle is sat vir korrupsie en wanbestuur wat lei tot swak dienslewering. Op ‘n stadium wou hulle die burgemeester en sy senior amptenare fisies uit die gebou verwyder. Die dorp se burgemeester Vincent Kahuaa het met die groep ontstoke inwoners gepraat.