Oman klop die Eagles

Oman het Namibië met tien lopies gewen in die laaste wedstryd van die
Castle Lite driehoekige reeks op die Wanderers in die hoofstad, wat voortydig moes
eindig omdat die spelers van Oman en die VAE moet terugkeer huistoe omdat die
Emirate sy landsgrense sluit om die verspreiding van die konavirus te voorkom. Die
speler van die wedstryd is Ayaan Khan van Oman.