Oman, Italië loop deur onder swaar reën

Uiterste reënval weens klimaatsverandering veroorsaak steeds wêreldwyd chaos en streke in Italië en Oman is die jongste om syfers te ervaar wat nooit voorheen gesien is nie. Die noordweste van Italië het dié week binne slegs 12-uur meer as 720 millimeter reën gekry, tewyl ‘n tropiese sikloon in Oman dele van die woestyn laat oorstroom het. Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies oor klimaatsverandering het die gereeldheid en intensiteit van swaar reën sedert die 1950’s oor die meeste grondgebiede toegeneem.