Omaheke gesels oor uitdagings met migrante

Sommige Angolese migrante in die Omaheke-streek word van diefstal, veediefstal en mensehandel beskuldig. Sekuriteitsowerhede in die streek stel op die oomblik ondersoek in na die getalle migrante in die streek. In ‘n spesiale operasie, wat tot 24 Junie duur, sal ook vasgestel word presies waar hulle hulself bevind. Daar word beweer dat Angolese meisies so jonk as 15 die streek ingebring word en aan inwoners van nedersettings vir 500 Namibiese dollar verkoop word. Ignatius Kariseb, voorsitter van Omaheke-streeksraad gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die uitdagings.