Om studente uit Oekraïne te ontruim stuur verkeerde boodskap

Die krisis in die Oekraïne oorheers die nuustoneel. Vroeër die maand het die ministerie van internasionale betrekkinge gesê dat hy Namibiese studente wat in die land studeer sal onttrek indien geweld uitbreek. Daar is ongeveer 114 Namibiërs wat in die Oekraïne swot. Maar, die voormalige eerste minister Nahas Angula sê dit sal nie die regte ding wees om te doen nie.