Olympia-poskantoor skuif na Grove Mega Centre

NamPost het aangekondig dat sy poskantoor in Olympia in die hoofstad na die nuwe perseel van Grove Mega Centre in die Kleine Kuppe-woonbuurt op 2 Augustus gaan verskuif. Wilson Shikoto, die kommunikasiebestuurder van NamPost, sê die posbusse by Olympia bly daar en sal steeds vir kliënte beskikbaar wees.