Olivia Newton John verloor 30-jaar se stryd met kanker

Dame Olivia Newton John, die musiekster wat blywende roem gevind het vir haar hoofrol in die rolprent Grease, is op 73-jarige ouderdom oorlede. Die nuus is deur haar man John Easterling bevestig. Newton-John, wat vier Grammy’s en twee Golden Globes ontvang het, is in 1992 met borskanker gediagnoseer en het ‘n lang stryd met die siekte gehad. Dit het in 2019 vir ‘n derde keer teruggekeer en het versprei. Sy het deur middel van haar Olivia Newton John Foundation-fonds navorsing in plantmedisyne teen kanker befonds. Sy word alom geloof vir haar positiewe houding, soos weerspieël in ‘n onderhoud met Gayle King in 2019. King het haar gevra hoe hanteer sy die diagnose…