Olimpiese Spele nuus

Namibië se Maike Diekmann het vanoggend in die vyfde plek ge-eindig in die twee kilometer enkelkoproei- afdeling. Dit beteken dat sy nie in die finale 12 is nie, maar nietemin nog in die semi-finale sal deelneem. Vera Looser neem ook vandag deel aan die vroue padfietsresies en die Namibiese bokser Jonas Junias Jonas klim deur die toue in ‘n geveg in die liggewig-afdeling.