Olifanttrop suksesvol na Marula Game Ranch verskuif

Die verskuiwing van ‘n trop van 13 olifante vanaf die Erindi-wildreservaat naby Omaruru na Marula Game Ranch naby Dordabis was ‘n reuse-sukses. Die bestuurder van Marula Game Ranch Johan Kotzé sê sewe olifante is in 2007 op ‘n veiling by Erindi gekoop en intussen het die trop aangegroei. Hy sê die olifante het baie goed aangepas op Marula Game Ranch, wat aan die Russiese oliegarg, Rashid Sardarov, behoort. Hulle eet goed en is baie rustig. Kotzé gesels met Kosmos 94.1 Nuus.