Olifantstropery sal toeneem wanneer Covid onder beheer is

Kenners in die onwettige handel van wildlewe en wildlewe produkte meen dat wanneer die wêreld die Covid-pandemie onder beheer kry, die stropery van olifante skerp sal toeneem as gevolg van tekorte aan ivoor in onwettige markte regoor die wêreld. Volgens Daniel Stiles, ‘n onafhanklike ondersoeker wat in onwettige handel van die produkte spesialiseer, het die jongste styging in ivoorpryse in Vietnam en China groot kommer gewek. Hy voeg by dat die grootste deel van die wêreld die pandemie teen 2023 onder beheer sal hê maar, soos inperkings verslap word en vragvervoer toeneem, sal stropery vinnig hervat.