Olifante: Ministerie weet ook niks nie

Die eienaar van die grond waar 22 olifante naby Gobabis aangehou word, Gerrie Odendaal het aan Kosmos 94.1 Nuus ontken dat hy olifante op die oomblik laai. Dit kom na bevestiging dat olifante vannag by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe op ‘n Ilyushin-76 vragvliegtuig gelaai sal word. Die vliegtuig is het gisteroggend vanuit die Verenigde Arabiese Emirate na Namibië vertrek. Die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda kon ook geen inligting verskaf nie en terwyl hy geen melding van uitvoerpermitte wat sy ministerie moet uitreik gemaak het nie, het hy aan Kosmos 94.1 Nuus gesê wannner die olifante verkoop is, het die ministerie niks daarmee verder te doen nie.