Olifant-verkope sal Cites nakom

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat hy alle Cites-maatreëls sal nakom met die verkoop van olifante in die land. Die ministerie het onlangs bevestig dat 57 olifante van die 170 wat aangebied is, verkoop is en 42 word uitgevoer. Die aankondiging kom na kommentaar deur die Switserse nie-regeringsorganisasie, die Franz Weber-stigting, dat hy ondersoek ingestel het en bevind het dat die vang, vervoer en uitvoer van die diere teenstrydig sal wees met Namibië se internasionale verpligtinge. Volgens die ministerie word alle Cites-reëls nagekom.