Olifant in dieretuin gaan hervestig word

Die DA in Gauteng sê dit is verblydend dat volgehoue druk vanaf die burgerlike samelewing en die party uiteindelik daartoe gelei het dat die olifant van die Pretoriase Dieretuin, Charley, hervestig gaan word. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bioverskeidenheids-instituut het aangekondig Charley sal in ‘n natuurreservaat vrygelaat word. Die DA se woordvoerder, Dave Bryant, sê die baie geliefde olifant het die afgelope 22 jaar in ‘n kamp in die dieretuin deurgebring nadat hy by ‘n sirkus afgetree het.