Oliestorting: Kalifornië se Newsom sê olie-ontginning moet gestaak word

Owerhede sukkel om die oliestorting op die kus van Kalifornië te beperk. Volgens berigte is ongeveer 3 000 vate ru-olie in die see gestort nadat ‘n skip se anker ‘n oliepyplyn beskadig het. Die pyplyn was ongeveer 50 meter verder as wat hy moes gewees het. Die deelstaat se goewerneur Gavin Newsom sê dis hoog tyd dat olie-ontginning aan die kus van Kalifornië gestaak word.