Olieprys: Taxi-operateurs is sat

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, se sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo, sê as brandstofpryse aanhou styg, het hul lede nie ‘n ander keuse as om relevante rolspelers te nader oor die styging van bus- en taxi-fooie nie. Volgens openbare vervoeroperateurs op die grond, kan hulle nie meer hul begrotings laat klop nie, want brandstof word net duurder en duurder. Bus- en taxi-operateurs kon laat verlede jaar hul fooie met 15 persent laat styg, maar hulle beweer dit is nie genoeg nie.