Olie-tuie dalk op pad na Oranje-bekken

TotalEnergies oorweeg volgens The Brief, die moontlikheid om twee olie-tuie na Namibië te bring om evaluering en eksplorasie boorwerk van sy olievonds volgende jaar te versnel. Volgens die publikasie het die olie-reus reeds sy aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat by die betrokke ministeries ingedien. TotalEnergies se vennoot in die olievonds, Impact Oil & Gas, is egter volgens berigte besig om sy 20 persent belang in Blok 2913B te verkoop en het die beleggingsbank Jefferies gehuur om die proses voor te berei. Die aandeel is ongeveer 8,5 tot 17 miljard Namibiese dollar werd. Venus se ontdekking is in Februarie vanjaar gemaak met ‘n beraamde bron van 13 miljard vate. Namcor het ‘n 10 persent aandeel.