Olie styg skerp, met amper 12% in afgelope maand

Oliepryse het vanoggend vir die derde agtereenvolgende sessie gestyg, aangedryf deur tekens van verlaagde voorraad en ondernemings deur Beijing om China se ekonomiese groei te ondersteun. In die afgelope 24 uur het Brent met amper 3 persent gestyg en in die afgelope maand, met 11,55 persent. Die kommoditeit verhandel om net minder as 83 Amerikaanse dollar ‘n vat, die hoogste pryse sedert April vanjaar. In China, die wêreld se tweede grootste ekonomie en tweede grootste olieverbruiker, het leiers belowe om beleidsondersteuning vir die ekonomie te versterk te midde van ‘n kronkelende herstel ná Covid maar, data vanuit Europa en die VSA ondersteun steeds swak ekonomiese groei regoor die wêreld.