Olie kalmeer effe na ‘n woeste week

Oliepryse het vanoggend effe gestyg met ‘n dollar of so en verhandel tans rondom 109 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die prys het met 1,6 persent tydens die vorige handelsessie gedaal. Dit was ‘n week van wisselvallige handel gekenmerk deur sprake van Russiese olie-sanksies en moontlike aanbodtoevoegings van Iran, Venezuela en die Verenigde Arabiese Emirate terwyl gevegte in die Oekraïne geëskaleer het. Brent het die week met ongeveer 7 persent gedaal na die prys die hoogste vlak in 14 jaar bereik het met amper 140 dollar ‘n vat. Die aankondiging dat die Europese Unie nie by die VSA en Brittanje aansluit om ‘n verbod op Russiese olie te plaas nie het die prys laat daal.