Olie-eksplorasie naby Oshivelo wil seismiese opnames doen

MEL Olie- en Gas-eksplorasie het te kenne gegee dat hy aansoek doen om ‘n omgewing klaringsertifikaat vir ‘n twee-dimensionele seismiese opname in die gebied van sy petroleum eksplorasie lisensie, PEL 93, op die noordoostelike hoek net buite die Etosha Nasionale Park. Die maatskappy, wat in die Verenigde Koninkryk geregistreer is, is op soek na olie en gas. Die maatskappy sê daar is drie gebiede van belang… noordoos van Oshivelo in ‘n gebied van 151 kilometer, Noord van Oshivelo in ‘n gebied van 108 kilometer en Suid van Oshivelo in ‘n gebied 317 kilometer. Lede van die publiek kan registreer as belanghebbendes. Die sluitingsdatum is 18 Maart en die aansoek sal op 30 Maart ingedien word.