Old Mutual Namibia aanvaar sake-onderbrekingseise

Old Mutual Namibia het vandag aangekondig dat hy nou geldige sake-onderbrekingseise sal aanvaar onder die onderskeie polisvoorwaardes. Dit kom twee jaar nadat die noodtoestand afgekondig is toe die Covid-pandemie ‘n vlaag ernstige finansiële verliese vir Namibiese ondernemings veroorsaak het. Hierdie verliese het ‘n beduidende impak gehad op sy korttermyn-versekeringskliënte, wat deur moeilike tye probeer het om hul werknemers te behou. Riaan Vermeulen, besturende direkteur van Old Mutual, is aan die woord.