Okh-verbypad dalk vroeg volgende jaar oop

Die Namibiese Paaieowerheid vorder baie goed met die B1 roete wat verby Okahandja beweeg en aansluit by die B2 na die kus en ook die B1 verder na die Noorde toe. Volgens Conrad Lutombi, die owerheid se hoof uitvoerende beampte sê die roete sal eers heeltemal voltooi wees in 2023 maar, dat verkeer reeds teen vroeg volgende jaar die pad kan benut.