Okakara Handelskou vind in September plaas

Meer as 500 000 Namibiese dollar in kontant is tydens ‘n galadinee ingesamel om fondse vir die Okakarara Handelskou in te samel. Die handelskou, wat vir die afgelope twee jaar opgeskort is weens die Covid-pandemie, sal van 5 tot 10 September by die Okakarara-handelskousentrum plaasvind. Altesaam 135 stalletjies sal by die handelskou opgerig word wat ‘n platform is vir maatskappye, ministeries, boere en klein en medium ondernemings. Sowat 400 uitstallers word verwag. Ander aktiwiteite wat vir die skou beplan word, sluit in ‘n skoonheidskompetisie, veeskoue, inligtingsessies oor beste boerderypraktyke en kook-kompetisies. Ernst Katjiku, Okakarara-dorpsraad se uitvoerende hoof …