Okahandja-gemeenskap staan by hul inwoners

Die Okahandja Community Covid Support-groep ondersteun inwoners van die dorp in hierdie die moeilike tyd van die Covid-pandemie. Die groep het hulself georganiseer om mede-inwoners van die dorp te help wat hulself in nood bevind. Hulle help ook dokters en hospitale met kos en ander benodigdhede. Hulle het ‘n suurstofmasjien gekoop wat al sedert Saterdag voltyds werk. Groeplid Hardus Maritz het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle ook ‘n lykshuis opgerig het.

Maritz het gesê diegene wat wil help, kan hulle gerus kontak. Hy het ook die publiek daaraan herinner dat alles wat bygedra word, na die gemeenskap sal gaan en dit word bestuur deur ‘n groep toegewyde mense wat vasbeslote is om te help.