OJ Simpson, Boston Strangler se prokureur sterf

Een van die regsverteenwoordigers wat gehelp het om OJ Simpson van moord vrygespreek te kry, F. Lee Bailey, is oorlede. Hy was 87. Volgens sy seuns was hy die afgelope paar jaar sieklik, maar hulle het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie. Bailey was deel van die sogenaamde droomspan wat Simpson suksesvol verdedig het ná hy in 1994 van die moord op sy vrou, Nicole Brown Simpson, en haar vriend Ron Goldman aangekla is. Hy het ook vir Albert Henry de Salvo, die sogenaamde Boston Strangler verdedig.