Ohorongo Cement knap laerskool op

Ohorongo Cement het nuwe ablusiegeriewe by die JP Brandt Primêre Skool in die Utuseb-nedersetting, sowat 60 kilometer vanaf Walvisbaai gebou. Die skool se ou klaskamers is ook opgradeer om meer akkommodasiegeriewe te verskaf. Tydens die Covid-pandemie kon nie al die leerders by die skool geakkommodeer word nie. Esther Mbathera, een van die trustees van Ohorongo Cement, het die projek geïdentifiseer en goedkeuring is gegee om voort te gaan. Rudolf Coetzee Ohorongo Cement se administratiewe bestuurder, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die opgradering.