Ohangwena Kommunale Grondraad kap onwettige heinings

Die Ohangwena Kommunale Grondraad het talle ongemagtigde heinings binne die Onghalulu-koöperasie in die Okongo-kiesafdeling ontdek. Terwyl die meeste heinings gekarteer is, kon die raad nie die eienaars identifiseer nie, aangesien hulle nie bekend is aan die gemeenskap of dorpies se leierskap nie. Die onwettige heinings verminder gemeenskaplike weidingsgebiede en privatiseer effektief gemeenskapsgrond. Die raad het ‘n kennisgewing uitgereik waarin individue wat sedert 2016 heinings binne die gebied opgerig het, in kennis gestel word om die hom te kontak vir ‘n verhoor teen 31 Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paulus Amaambo, die adjunkdirekteur van grondhervorming, wat uitbrei oor die kwessie.