Ohangwena gaan gebuk onder diefstal van water-infrastruktuur
Ná die besoek van die adjunkminister van landbou, Anna Shiweda aan die streke van Oshikoto, Oshana, Omusati en Ohangwena, het die Ohangwena-streeksgoewerneur, Walde Ndevashiya, op die adjunkminister se besoek gereageer. Hy sê dat die streek gekonfronteer word met baie uitdagings, daarom was die minister se besoek baie belangrik. Die streek gaan onder meer gebuk onder die diefstal van water-infrastruktuur wat veronderstel is om alle inwoners te bevoordeel.