Oekraïnse vragvliegtuig, met gevaarlike vrag, stort in Griekeland neer

’n Oekraïnse vragvliegtuig met agt mense aan boord het laat Saterdag naby die stad Kavala in die noorde van Griekeland neergestort. Die Antonov An-12 was van Serwië op pad na Jordanië en volgens berigte het die loods ‘n noodlanding versoek weens ‘n enjinprobleem, maar die vliegtuig se sein is verlore. Die vliegtuig het blykbaar gevaarlike vrag gedra maar besonderhede is nie bekend nie. Griekeland se spesiale rampreaksie-eenheid het die toneel ondersoek.