Oekraïnse President beskuldig Rusland van barbarisme ná aanval op Odesa

Die President van Oekraïne, Volodomyr Zelensky, het Rusland van barbarisme beskuldig na ʼn missiel-aanval op die hawestad, Odesa. Die belangrike ooreenkoms om Oekraïne se graan-uitvoere te hervat, wat net ure voor die aanval onderteken is, is nou in die weegskaal. Moskou het nie na die aanval gereageer nie en volgens Kiëf is voorbereidings steeds aan die gang om met graan-uitvoere voort te gaan. Volgens Vrydag se ooreenkoms het Rusland onderneem om nie tydens graan-besendings hawens aan te val nie. Zelensky sê die aanval bevestig dat Rusland nie vertrou kan word om by die ooreenkoms te hou nie.