Oekraïnse leeu Mia ontvang behandeling vir limfoom

Die Ubuntu-wildreservaat naby Mosselbaai in die Suid-Kaap is verheug omdat ‘n skenker aangebied het om te help om ʼn vierjarige leeuwyfie te red. Mia is een van ‘n groep van vyf leeus wat in 2019 in Oekraïne gered is. Die skenker betaal vir haar vervoer na Pretoria asook die koste van haar behandeling vir limfoom. Die direkteur van Ubuntu, Lukas Swart, sê die nie-winsgewende organisasie is dankbaar vir elke druppel ondersteuning vir Mia, wat mooi saamgewerk en ewe gewillig by haar reishok ingestap het: