Oekraïnse graanuitvoere: Wêreldprys het reeds met 9% gedaal

Daar is groot verligting in Ethiopië met ‘n besending van 23 000 metrieke ton koring wat vanaf die Oekraïne in Djibouti aangekom het, en vir daardie land bestem is. Die Wêreldvoedselprogram het die besending betaal vir voedselhulp vir die meer as 18 miljoen mense in Ethiopië wat nie genoeg kos het nie. Volgens Joseph Glauber van die Amerikaanse instituut, International Food Policy, is daar tot dusver nog net 10 persent van wat die Oekraïne normaalweg maandeliks hanteer, uitgevoer.

Intussen het die VN se voedsel- en landbou-organisasie aangekondig dat graanpryse in Julie met 9 persent gedaal het, die grootste daling sedert 2008. Glauber sê verskeie faktore dra hiertoe by.