Oekraïne skiet vliegtuig met krygsgevangenes af, beweer Rusland

Rusland se verdediging-ministerie het Oekraïne beskuldig dat hy ‘n vliegtuig met 65 Oekraïense krygsgevangenes, ses bemanningslede en drie Russiese dienspligtiges doelbewus in die Belgorod-streek afgeskiet het. Die ministerie sê Kiëf het ‘n lugafweer-missielstelsel gebruik om die vliegtuig in ‘n terreurdaad af te skiet. Die Oekraïnse weermag kon nie bevestig of die vliegtuig wel neergestort het nie, maar het die Russiese weermag daarvan beskuldig dat hulle militêre vragvliegtuie gebruik het om missiele in die Belgorod-streek af te lewer, om die onlangse oorgrensaanvalle uit te voer.