Oekraïne: Seagal sê almal is familie

Die Hollywood ster Steven Seagal, wat in 2017 vir vyf jaar uit die Oekraïne verban is nadat die Russiese President Vladimir Puin hom ’n Russiese paspoort gegee het – sê sy stem by die Oekraïnse konflik bygevoeg en sê hy kyk na albei kante as een gesin. Hy sê meeste het vriende en familie in beide Rusland en die Oekraïne en meen dit is ‘n buite-entiteit wat groot bedrae geld aan propaganda bestee om die twee lande uit te lok om in stryd met mekaar te wees. Hy het sy hoop uitgespreek dat ‘n vreedsame oplossing gevind kan word. Seagal is in 2018 deur die Russiese ministerie van buitelandse sake as ‘n spesiale gesant vir humanitêre bande met die Verenigde State aangestel. Hy het ook ‘n hegte vriendskap met Putin en hy besoek hom gereeld.