Oekraïne se weermag bly Bakhmut verdedig

Oekraïne se top-weermagbevelvoerders het onderneem om die oostelike stad, Bakhmut, te bly verdedig. Russiese magte het hul aanslag op Bakhmut verskerp in ‘n poging om die eerste groot veldslag in ses maande te behaal. Die president van Oekraïne, Volodimir Zelenski, sê hy het met die bevelvoerders vergader wat volhou dat Oekraïnse magte nie aan Bakhmut sal onttrek nie. Die stad is grootliks reeds in puin gelê. Die stryd om Bakhmut gaan gepaard met grofgeskut en lewensverlies aan beide kante.