Oekraïne kondig dood van tweede Russiese generaal aan

Die Oekraïne het die dood van ‘n tweede Russiese generaal aangekondig, sedert die Oos-Europese moondheid sy kleiner buurland byna twee weke gelede ingeval het. Hy is uitgeken as generaal-majoor Vitaly Gerasimov, wat die eerste adjunk-aanvoerder van die 41ste Leër van die Sentrale Militêre Distrik van Rusland was. Hy en ander Russiese soldate is geskiet tydens ‘n geveg aan die buitewyke van die oostelike stad Kharkiv. Gerasimov het volgens berigte in die Tweede Tsjetsjniese Oorlog van twee dekades gelede geveg, asook in sy land se militêre operasie in Sirië.