Oekraïne: Inval enige oomblik moontlik, Putin ‘moet iets doen’

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê dit is noodsaaklik dat Westerse nasies verenig bly te midde van meedoënlose Russiese aggressie teen die Oekraïne. Hy is tans op besoek aan Kiëf. Amerika verleen bykomende militêre verdedigingshulp aan die Oekraïne om sy onafhanklikheid en gebiedsintegriteit te help beskerm. Blinken sê die Russiese President Vladimir Putin is nou in staat om na willekeur en op baie kort kennisgewing militêre optrede teen die Oekraïne van stapel te stuur en President Joe Biden sê dit kan enige oomblik gebeur omdat Putin ‘iets moet doen’.