Oekraïne en Rusland kom Maandag in internasionale hof voor

Oekraïne en Rusland gaan Maandag in die Internasionale Geregshof teenoor mekaar te staan kom. Die verhoor gaan oor noodmaatreëls wat Kiëf aanvra om Moskou te verplig om militêre optrede te staak. Die saak wat Oekraïne by die VN-hof aanhangig gemaak het, fokus op die interpretasie van ‘n 1948-verdrag oor die voorkoming van volksmoord, wat deur beide Rusland en Oekraïne onderteken is. Die hof word in die verdrag self genoem as die forum waar dispute wat daarmee verband hou, besleg moet word. Oekraïne beweer Rusland het die verdrag in verskeie opsigte verkeerd geïnterpreteer.