Oekraïne: Die gevaarlikste oomblik sedert WWII

Die oorlog in die Oekraïne is die gevaarlikste oomblik vir Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog, en Rusland moet nie toegelaat word om te wen nie. Dit is die  mening van Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo. Hy sê daarom moet Navo-lede wapentuig aan die Oekraïne voorsien want, dit is in Europa se belang dat Rusland se aggressiewe beleid nie slaag nie. Met die beskrywing van wat Moskou ‘n “spesiale militêre operasie” noem as ‘n aanval op die huidige wêreldorde, sê Stoltenberg die alliansie moet keer dat die oorlog versprei.