Obiang vat hom (sonder verrassing) weer

Die wêreld se langsdienende president is in Ekwatoriaal-Guinee herverkies om sy outoritêre regime voort te sit. Die 80-jarige Teodoro Obiang Nguema Mbasogo het byna 95 persent van die stemme op hom getrek. Daar word berig sommige kandidate van die opposisie het wel gestaan, maar daar is nie verwag dat een van hulle sou wen nie. Obiang het in 1979 na ‘n militêre oorname aan bewind gekom en het verskeie pogings tot ʼn staatsgreep oorleef. Hy het in die verlede beskuldigings van menseregtevergrype en oneerlikheid met verkiesings ontken.