Obelisk is piramiedeskema – SA Verbruikerskommissie

Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland het klagtes van verbruikers ontvang wat beweer die promotors van Obelisk het hulle uit hul geld verkul. Die verbruikers beweer goeie vriende en familielede het hulle gewerf en oortuig om ‘n bitcoin-mynmasjien van Obelisk te koop om daaglikse inkomste te genereer. Volgens die deelnemers kos die masjiene tussen 340 Suid-Afrikaanse rand, en tot soveel as 450 000 rand. Die kommissie se waarnemende kommissaris, Thezi Mabuza, sê die voorlopige bevindings dui aan Obelisk is ‘n vermenigvuldiging-skema: